Isakkatedraal

Isakkatedraal
Die katedraal is ’n neoklassieke vertolking van ’n Bisantynse kerk en is deur Auguste de Montferrand ontwerp.
Die katedraal is ’n neoklassieke vertolking van ’n Bisantynse kerk en is deur Auguste de Montferrand ontwerp.
Ligging Sint Petersburg, Rusland
Affiliasie Russies-Ortodokse Kerk
Gebou voltooi 1858
Argitek Auguste de Montferrand
Status Aktief

Die Isakkatedraal (Russies: Исаа́киевский Собо́р, Isaakijefski Sobor) in Sint Petersburg, Rusland, is die grootste Russies-Ortodokse katedraal in die stad. Dit is die grootste Ortodokse basilika en die vierde grootste katedraal (volgens volume onder die koepel) in die wêreld.[1] Dit is opgedra aan sint Isak van Dalmasië, ’n beskermheilige van Pieter die Grote, wat op dié heilige se feesdag gebore is.

  1. "Saint Isaac's Square". HelloPiter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2016. Besoek op 12 November 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search